Property Advice

Hoërskool Dinamika

Private Property South Africa
Claire Fraser |
Hoërskool Dinamika

Hoërskool Dinamika is geleë in Alberton aan die suidooste van Johannesburg. Die skool is sentraal geleë tussen winkelsentrums, ander besighede en die snelweë.Die skool beskik oor pragtigeskoolgronde,uitgebreide sportgronde, ander fasiliteite en 'n goed toegeruste gimnasium.Die skool is gebasseer op Christelike waardes en elke leerder word die geleentheid gegun om ten volle op elke terrein te ontwikkel. Hoërskool Dinamika se akademie is uitstaande, matriekonderskeidings isvolop, die hotelskool-gedeelte van die skool is een van die beste in Gauteng en in aansluiting daarby beskik die skool ook oor 'n uitstekende toerismedepartement. Die visuele kunsdepartement is kompeterend in kunskringe. Die skool se strewe na uitstaande onderrig word gerugsteun deur die funksionering van die skool as 'n familie, waar die kind belangrik is en positief beïnvloed word in 'n kindvriendelike omgewing.Buite - kurrikulêr bied die skool 'n verskeidenheid sportsoorte aan insluitende rugby, netbal krieket, atletiek,hokkie landloop,tennis,skaak en jukskei.Die skool lewer uitstaande spotprestasiesdanksy goeie afrigting soos twee Suid- Afrikaanse netbalspeelsters asook 'n Springbokrugbyspeler. Kultuurgewys is daar verskeie geleenthede soos toneel, musiekblyspele redenaars, kunswedstryd en as 'n Afrikaanse skool deelname aan die Engelse United Nations Debate.Hoërskool Dinamika is ook betrokke by gemeenskapswerk. Die leerders leer die waarde van gee. Die skool het deelgeneem aan Jakaranda 94.2 se Winter Warmer - projek en 'n rekord hoeveelheid komberse ingesamel vir die minder bevoorregtes. Die skool verskaf ook sop aan die minderbevoorregte mense in die gemeenskap.Om 'n "Virtual Tour" van hierdie skool te besigtig, volg assesblief hierdie skakel:https://www.privateproperty.co.za/hoerskool-dinamika/virtual-tour-30323.htm

Related Articles

Private Property Reporter | 28 May 2024

Private Property Decorex Cape Town Competition

Terms and Conditions pertaining to the Private Property Decorex Cape Town competition.

How to negotiate a lower rental
Private Property Reporter | 23 May 2024

How to negotiate a lower rental

The cost of living is rising, as it does year on year.

As a landlord should you take out ‘renters' insurance?
Private Property Reporter | 23 May 2024

As a landlord should you take out ‘renters' insurance?

The short answer is yes, that is if you want to ensure that your rental income is secure!

sample image of property alerts

Get instant property alerts

Be the first to see property alerts for your area.
;