POA

4.5 ha Smallholding in Sutherland

farm for sale
4.5 ha 150

Hierdie 4,5 hektaar eiendom bied ''n kombinasie van natuurlike skoonheid en selfonderhoud. Die oudste standhoudende fontein in Sutherland is op die eiendom geleë en voorsien nog steeds deurlopende onbesoedelde water.

Die hoofhuis bied ''n gerieflike leefruimte met groot oop deure na die stoep wat uitkyk oor ''n dam. Die ekstra houthuise kan gebruik word vir addisionele ekstra inkomste en elkeen het unieke kenmerke, insluitend ''n binne-braai, jacuzzi, en pragtige uitsigte.

n Groot oop stuk grond maak uitbreiding of addisionele buitelug aktiwiteite moontlik. Die teenwoordigheid van die populierbos woude, fonteine en ''n groentetuin voeg by tot die sjarme en die potensiaal vir ''n selfonderhoudende lewenstyl.

Hierdie eiendom is ideaal vir die natuurliefhebber wat n idilliese onbesoedelde omgewing verkies.

Die hoofhuis word tans verhuur, maar die huur kan op datum van oordrag beëindig word indien die koper dit so verkies.

Die hoofhuis bestaan uit 3 slaapkamers, 1 badkamer, sitkamer en oopplan kombuis. Vanaf die braai area wat uitloop op n stoep is die uitsig oor die dam en die pragtige dorp Sutherland, besonders. Die gevestigde tuin met die groot bome skep n rustige atmosfeer. Daar is ook n hoenderhok en groentetuin waar organiese produkte gekweek word.

Akkommodasie vir addisionele inkomste (indien nodig) kan verkry word uit die verhuring van (a) die houthuis met oopplan leefarea/kombuis/slaapkamer en badkamer met slaapplek vir 4 persone. Daar is ook n binne braai en Jacuzzi met mooi uitsigte (b) Houthuis waar 2 persone kan slaap met oopplan kombuis, slaapkamer en badkamer. (c) Die klein sement huisie bied slaapplek vir 2 persone en daar is ook n badkamer.

Addisionele moontlikhede vir oorweging is die bottelering van die fonteinwater of die vestiging van n buitelug kwekery of in kweekhuise.

Property details

  • Listing number T4462526
  • Property type Small Holding
  • Erf size 4.5 ha
  • Floor size 150 m²
  • Rates and taxes R 3 164
  • Levies R 3 164

Property features

  • Security Post

Photo gallery

>